Caramel Library

Waar die Dooies Leef

Waar die Dooies Leef

Braam le Roux

Die Swart Luiperd · No. 18

Onwillekeurig spring die Luiperdman ’n tree terug. Met ’n afskrikwekkende geblaas styg die reptiel hoër en hoër uit die water uit. Sy lyf is vaal-groen en slymerig. Die groot kop lyk soos dié van ’n trapsuutjie, maar Leon sien dat die ondier verskriklike geel slagtande het. Dit blaas weer, en die geluid vul die ruimtes om hulle. Die ding seil teen die wal op. Die Luiperdman sien dat dit kort voorpootjies het en langer agterpote. Dit kruip moeisaam-stadig teen die steilte op terwyl die modder en slyk van die onding afdrup. Daar is ’n skerp, lang vin wat van die dier se kop strek tot waar sy stert sy lyf verlaat. Terwyl die gedierte stadig aangekruip kom, skiet daardie vin omhoog en word telkens weer ingetrek. ’n Lang, groen tong blits aanhoudend uit en in, en die geblaas word ’n ysingwekkende gebrul.

Originally published in 1954.

Take out and read!

Book Details:

KBI : MLNCLDVS

Subscription : Normal (Free)

Publisher : GROENHEIDE Boeke

First published in : 1954

Reader Reviews and Reading Value:

None currently yet.